Cats

'n Voorstelling van Cats in Warschau, 2007.
Ou Deuteronomium wys Grizabella as die uitverkore kat aan.

Cats is ’n musiekblyspel wat in 1981 deur Andrew Lloyd Webber gekomponeer is. Dit is gegrond op T.S. Eliot se bundel “Old Possum's Book of Practical Cats”. Cats is een van die gewildste musiekteaterstukke nóg. Miljoene mense het dit al gesien.[1]

Die eerste vertoning van Cats het op 11 Mei 1981 in die New London-teater in Londen se West End plaasgevind. Op 7 Oktober 1982 maak die blyspel sy Broadway-debuut in die Winter Garden-teater. Dit het eers op 11 Mei 2002 (na 8,949 vertonings) in Londen en op 10 September 2000 (na 7,485 vertoning) op Broadway ten einde geloop. Hiermee was dit die musiekblyspel met die langste speelvak ooit in beide Londen en Broadway gewees. Die première van die Duitse weergawe van die blyspel het op 24 September 1983 in die Theater an der Wien in Wene plaasgevind.

Dit was aanvanklik ook die langslopende vertoning op Broadway gewees, maar die The Phantom of the Opera het dit in Januarie 2006 verbygesteek. Dieselfde het in Londen gebeur, waar Les Misérables later meer vertonings gelewer het.

Cats het in 1982 die Laurence Olivier-toekenning vir Beste Nuwe Musiekblyspel gewen, asook die Tony Award vir Beste Musiekblyspel 1983.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search